My verpleegkundige reis

 My naam is Desiree. Op die ouderdom van tien jaar oud het ek besluit om n vepleegkundige te word. Hierdie gedagte van verpleegkundige te wees het verander toe n student in matriek my vertel het, dat verpleegkundiges nie n lewe het nie. Een middag, terwyl ek in die kombuis was, het n stem met my gepraat en vir my gese dat ek verpleeging moet doen, tot vandag weet ek nie wie se stem dit was nie.

My twee jaar studies het begin by Nico Malan, as n staff verpleegkundige. Na hierdie kurses, het ek nag gewerk by n ouertehuis tewyl ek weer besluit het om die oorbrugings kurses te doen. Hierdie kurses was n baie moeilike kuses, omdat ek moes werk en studeer het en in my verlof moes ek klasse bywoon. Dit het so swaar gegaan, dat ek die kurses wou opgee. Na die twee jaar was ek suksesvol en ek was n geregestreerde verpleegkundige.

Daarna het ek vir jaar studeer, as n vroedvrou. Terwyl ek hierdie kurses studeer het, was ek nie werksaam nie. Hierdie kurses het goed gegaan. Daarna het ek by Kingsbury gaan werk in hulle baba afdeling.

Terwyl ek by Kingsbury werksaam was, het ek weer gaan studeer vir n verdere twee jaar vir primere gesondheids sorg, Ek was suksesvol.

Ek will net God dank omdat sy hand oor my lewe was.

Comments

Popular posts from this blog

My RLabs Mom's Journey

SENIORS OUTING